Sterk waarskuwing uitgereik oor die uitlek van sensitiewe inligting

Die waarnemende Direkteur-generaal van die Staatsveiligheidsagentskap, Ambassadeur Gab Msimanga, het ‘n sterk waarskuwing gerig aan lede van die agentskap wat na bewering sensitiewe inligting aan die media en ander derde partye uitlek.

Volgens Msimanga is moontlike skuldiges reeds geïdentifiseer. Hy sê daar sal teen hulle opgetree word. 

In ‘n verklaring het Msimanga gesê die uitlek van inligting lei tot negatiewe mediaberiggewing asook sosiale media-plasings wat die agentskap in die verleentheid stel en sy beeld skade aandoen.

Hy het verder gewaarsku dat werknemers wat skuldig bevind word aan die uitlek van geklassifiseerde dokumente of die verspreiding daarvan ‘n vonnis van R10-duisend rand, 10 jaar tronkstraf of beide opgelê kan word.

Luister na potgooie hieronder