Steve Hofmeyr se oudste seun Devon, is ‘n geval van die appel val nie ver van die boom, toe hy en tien ander mans gister EFF lede uitgedaag het om hulle te kom skiet. Die voorval het voor die EFF se hoofkantoor in Johannesburg gebeur terwyl Hofmeyr en die groep mans, wat hulself die Bittereinders noem, ‘n lewendige video gemaak en op Facebook geplaas het. The South African berig die EFF leier, Julius Malema was in die gebou besig met ‘n media konferensie. In die video kan gesien word hoe ‘n EFF wag met ‘n semi-outomatiese geweer na Hofmeyr en sy vriende loop. Meer EFF lede het uitgekom en Hofmeyr-hulle gevloek. Hofmeyr en die mans het later in ‘n kringetjie gestaan en die Bloedrivier-gelofte afgelê.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×