Steve Hofmeyr is onlangs by die Nasionale Bokkieweek in Kroonstad vir sy lewenslange bydrae tot die Afrikanerkultuur vereer.
Hofmeyr was op sy dag sélf ‘n kranige rugbyspeler by Grey Kollege in Bloemfontein.
Netwerk24 berig luidens ‘n mediaverklaring is Hofmeyr die toonbeeld van ’n kultuurmens wat sy volksliefde uitleef as sanger, akteur, volksdigter en skrywer by uitstek.
Dit is die tweede keer dat Hofmeyr by Bokkieweek optree.
Bokkieweek word deur baie as Suid-Afrika se toonvenster van Afrikanersport bestempel.
Hofmeyr het gesê hy hou sy eie kinders betrokke by die Afrikanerkultuur.
Hy probeer Afrikanerwaardes uitleef en het gesê hy hou nooit op om Afrikaner-verhale te vertel en om Afrikaner-liedjies te sing nie.
Bokkieweek word jaarliks sedert 1992 gehou.