Dit beloof om vir motoriste ‘n heerlike lente te wees, soos dit blyk brandstofpryse aansienlik gaan daal.

Netwerk24 berig met die helfte van die oorsigmaand vir Oktober se pryse verby, is dit nou reeds n gegewe dat brandstof weer goedkoper gaan word. As brandstofpryse vandag vasgestel kon word, sou motoriste ‘n stewige daling van tot R1,28 per liter by die petrolpomp gesien het.

Maar hoe groot die meevaller gaan wees, kan nog oor die volgende twee weke heelwat wissel. Okober sal die vyfde agtereenvolgende maand wees waarin die petrolprys daal, en die sesde maand vir diesel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×