Die ter dood veroordeelde moordenaar, Kenneth Eugene Smith, van Alabama in die VSA, wat al 35-jaar probeer om sy doodstraf vry te spring, gaan die eerste persoon wees wat deur stikstof hipoksie tereggestel word. Die metode behels dat die ter dood veroordeelde ‘n masker oor sy mond en neus kry waardeur 100% stikstof toegedien word. Die lei tot respiratoriese onderdrukking en uiteindelik die dood. Smith het in 1996 die doodstraf gekry vir die wrede huurmoord op Elizabeth Sennett. Smith het verlede jaar geweier dat sy doodstraf deur ‘n dodelike inspuiting voltrek word. Die hooggeregshof het in Mei vanjaar die nuwe metode geodgekeur.
