Die ineenstorting van onwettige mynbedrywighede in Stilfontein het besighede in ’n krisis gedompel.

IOL berig winkels wat eens floreer het, sukkel nou om kop bo water te hou.

Drankwinkel bestuurder, Rita de Sonsa, beweer sy het nog nooit sulke stadige besigheid beleef nie, en sê haar winkel was voorheen glo vol mynwerkers, en nou is dit leeg.

Taxi’s wat vroeër pendelaars en goedere vervoer het, staan nou glo in ongebruik, kitskosrestaurante het hul deure glo gesluit, en slagters sukkel glo om vleis te verkoop.

Een so ‘n slagter beweer sy voorraad het vroeër gesukkel om by te hou, nou verkoop hy skaars die helfte.

Die gemeenskap glo blykbaar dat die heropening van myne hul besighede en ekonomie kan red.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×