Stormweer, rukwinde en gietende reën – wat letterlik in meters gemeet kan word – saai sedert gister verwoesting in groot dele van die Wes-Kaap.

Die brug by Botrivier is deur die vloedwaters weggespoel en ‘n voertuig wat op die brug was is meegesleur.

Een van die twee insittendes is gered, terwyl die ander steeds vermis word.

Drie mense is dood toe ‘n Golden Arrow-bus naby Athlone omgeslaan het, en minstens twee mense van Villiersdorp word vermis.

Grabouw, Hermanus, die Breedevallei, Houtbaai, Kalkbaai, Gordonsbaai, die Strand, asook Kaapstad en tientalle van sy woonbuurte, is maar net van die plekke wat swaar getref is.

Die meeste van die swaar reën het tussen gistraand en vanoggend uitgesak.

By Stellenbosch is 133 millimeter oornag aangeteken, terwyl daar teen ongeveer negeuur vanoggend reeds 294 millimeter in Vredehoek in Kaapstad se middestad geval het.

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens behoort die reën teen vanaand stelselmatig op te klaar.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×