Strandgangers word versoek om hierdie feestyd ekstra versigtig naby watermassas te wees. Primedia berig die Nasionale See- en Reddingsinstituut (NSRI) se waarskuwing volg op ‘n toename in verdrinkingsterftes die afgelope paar weke.
Die NSRI is met ‘n veldtog besig om die publiek van die gevare van hoogwater in kusgebiede bewus te maak, en raai strandgangers aan om nooit hul rug op die water te draai nie.
Hulle het ook skeurstrome as ‘n groot oorsaak van verdrinkings geïdentifiseer, met meer as sewe mense wat die afgelope twee weke by strande regoor die land verdrink het.
Die NSRI doen ‘n beroep op ouers om waaksaam oor waar hul kinders te wees terwyl hulle op die strand is, en beveel ook aan dat strandgangers slegs by strande swem waar lewensredders teenwoordig is.