Lewensredders hou die ontwikkeling van ‘n sikloon naby die kus van Madagaskar dop, wat moontlik die seetoestande langs KwaZulu-Natal se kuslyn kan beïnvloed.

Arrive Alive sê dit volg nadat ‘n groep van vyf mense glo vroeër die week by Toti Beach deur kragtige golwe die see ingetrek is.

Strandbestuurder Jace Govender sê hulle verwag sterk strome sal die hele week voortduur.

Hy sê hulle sal die impak van die tropiese storms in die volgende paar dae begin ervaar, so alle strandgebruikers moet bewus wees van hierdie waarskuwing.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×