Strate en huise in veral die suide van Bloemfontein het oorstroom na swaar reën in sekere woonbuurtes die naweek. Tot 78mm is in sekere gebiede gemeet. Netwerk 24 berig inwoners blameer die munisipaliteit vir die skade en het gesê dat die stormwater-afvoerstelsels nie in stand gehou word nie.

Die suidelike woonbuurtes, Fauna en Lourierpark het erg deurgeloop asook die hoewegebiede, suid en wes van die stad. Dave McKay, DA-raadslid van die metro, het gesê paaie en strate is in riviere omskep in plekke soos Bloemdal, Kwaggafontein en Kelly’s View omdat daar geen stormwater kanale is nie. Roselaan in die hoewegebied Bloemdal het Saterdagmiddag soos ‘n rivier gelyk.

McKay het gesê in Lelie-laan in Bloemdal is ‘n halfvoltooide brug wat al drie jaar so staan en nou oorstroom het. Die brug is op die punt om in duie te stort. McKay het verlede week tydens die metro se raadsvergadering gewaarsku oor die metro se waterafvoer-stelsels wat nie deur die munisipaliteit skoongemaak word nie. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×