Streeklanddros verwyder vermeende loervink se saak van die hofrol

Streeklanddros Olivia Majozi het Dinsdag die saak teen die eertydse sakeontwikkeling-bestuurder van Bloemfontein, wat ‘n videokamera in ‘n tienerdogter se kamer versteek het om haar af te loer, voorlopig van die hofrol geskrap.

Luidens berigte kom dit weens die staat wat weer om uitstel aansoek gedoen het, die keer omdat die aanklaer nie beskikbaar was nie.

Die Bloemfontein-Loervink, wat deesdae in die Wes-Kaap woon, het glo die videomateriaal gebruik om die meisie af te pers om seksdade met hom te pleeg.

Netwerk24 berig die man het alreeds 20 keer in die hof verskyn.

In haar uitspraak het Majozi gesê die staat het 3 maande gehad vir voorbereiding en ‘n verdere uitstel sal die beskuldigde benadeel.

Op die uitspraak van Majozi het die ma van die meisie gesê sy sal alles in haar vermoë doen om geregtigheid vir haar dogter te kry.

Luister na potgooie hieronder