Die voortdurende kwessie van diefstal en vandalisme by selfoontorings het volgens Vodacom ʼn beduidende impak op netwerkdienste. En, dit veroorsaak dat toegang daartoe vir lang tye beperk is. Volgens Vodacom se sentraal-streek word Welkom, die Noord-Vrystaat en die Noord-Kaap die ergste hierdeur geraak. Besturende uitvoerende hoof van Vodacom se sentraal-streek, Evah Mthimunye, vertel aan Maroela Media minstens 15 tot 28 voorvalle van vandalisme vind maandeliks op verskeie terreine in die Vrystaat en die Noord-Kaap plaas – met tussen 18 en 30 batterye wat maandeliks by die streek se selfoontorings gesteel word. Sy sê hierdie kriminele aktiwiteite veroorsaak ontwrigting van netwerkdienste, wat gereelde ontbrekings vir kliënte tot gevolg het. Om konnektiwiteit vir kliënte tydens beurtkrag te handhaaf, het Vodacom Sentraal-streek rugsteunkragoplossings by basisstasies geïmplementeer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×