Honderde strikke word weekliks in en om die Krugerwildtuin verwyder waarvan baie ‘n wrede dood vir talle diere veroorsaak. Maroela Media berig die afgelope jaar het 414 diere slagoffers van die strikke geword. SANParke se woordvoerder, Isaac Phaahla, het gesê die probleem word nou ‘n krisis. Die strikke stel stropers instaat om vleis in die hande te kry, maar leeus, wildehonde en jagluiperds strap ook in die strikke. Dit is ‘n onvervangbare verlies aan biodiversiteit en die delikate balans van die ekosisteme, het Phaahla gesê. Dit raak ‘n uitdagende taak vir parkwagters om die uitgestrekte Krugerwildtuin te patrolleer en strikke te verwyder. Meer as 7-duisend strikke is vanjaar deur parkwagters verwyder.