Polisie in Mpumalanga ondersoek die afsterwe van byna 20 renosters in die Krugerwildtuin.
Volgens Mpumalanga-polisiewoordvoerder, Donald Mdhluli, word vermoed dat die meeste renosters vir hul horings vermoor.
News24 berig dat al het SANParke ’n projek geloods om renosterhorings te verwyder, begin horings weer groei. Dit is iets wat stropers probeer uitbuit.
In Desember het twee Mosambiekse burgers die wildtuin betree.
Beide is gewond; een is noodlottig beseer, terwyl die ander een steeds in die hospitaal behandel word.
Hy sal binnekort in die hof verskyn.
Mdhluli het bevestig dat ’n geweer by die voorval gevind is.