Die 20-jarige student wat tydens die Springbokke se sege-toer in Oos-Londen op ‘n Nyala se dak geklouter en afgeval het, is gister in die Frere-hospitaal se waakeenheid oorlede. Sy is sedertdien as Minentle Noqhamka van Mbizana geidentifiseer. Netwerk 24 het gister berig dat sy en nog vyf ander studente ernstig beseer is tydens die segetoer op 5 November. Die polisie se woordvoerder, kol Siphokazi Mawisa, het gesê Noqhamka het bo-op ‘n Nyala gespring wat die bokke se toerbus begelei het. Sy het afgeval en die Nyala het oor haar gery en haar been ernstig beseer. Haar linkerbeen is onder die knie geamputeer, het haar pa, Sithembiso Noqhamka gesê. Noqhamka was ‘n eerstejaar-regstudent aan die Walter Sisulu Universiteit. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×