Met die afskop van die 2024 akademiesejaar vir hoër-onderwys-instellings wat om die draai lê, waarsku die minister van Hoër-onderwys, Blade Nzimande, studente en ouers om bewus te wees van Kolleges wat nie die regte akkreditasie het nie, of wat bloot nie bestaan nie.

Nzimande sê die publiek word jaarliks deur sulke swendelaars mislei.

Diegene wie hulle as hoofde of eienaars van Kolleges voordoen, plaas volgens die minister dikwels advertensies waarin beweer word hulle het nasionale en internasionale akkreditasie en dat student erkende kwalifikasies hier kan verwerf.

Ouers en studente wat deur die swendelaars mislei word, verloor jaarliks groot somme geld.

Nzimande het die publiek gemaan om versigtig te wees en om altyt eers ‘n instelling se kampus te besoek, alvorens geld oorbetaal word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×