Tienduisend studentekonstabels sal vandag en more by verskeie deftige uitpasseringsparade in die Suid-Afrikaanse Polisiediens as volwaardige nuwe polisiekonstabels opgeneem word. Die parades vind in die Wes-Kaap, Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en die Vrystaat plaas. Die Vrystaat se parade vind vandag in Kroonstad by die Departement Korrektiewe Dienste plaas en begin om agt-uur. Die parade sal bygewoon word deur die Provinsiale Kommissaris van die Vrystaat, Lt Genl Baile Motswenyane. Die nuwe beamptes sal landwyd die broodnodige menslike hulpbronne verskaf om polisiebedrywighede en -sigbaarheid gedurende die feestyd en daarna te versterk.
