Studente van ‘n aantal tersiêre instellings beplan vir môre ‘n opmars na die hoofkantoor van die Nasionale Finansiële Hulpskema, of NFSAS, in Kaapstad.
Sommige van die studente beweer hulle het sedert die begin van die jaar nog geen geld van die skema ontvang nie.
Nog studente sê hulle is sonder waarskuwing as begunstigdes van die skema verwyder.
Rosestad-nuus het aan die begin van die maand berig Ernest Khoza, NFSAS se voorsitter, het lede van die parlement verseker dat die die begrotingstekort – wat jaarliks studentebetogings aanwakker – opgelos is.