Studenteverblyf word nie as permanente verblyf beskou nie, wat beteken dit kan slegs vir ‘n vasgestelde tydperk gebruik word waarna dit ontruim moet word. Indien die studente weier, mag hulle uitgesit word. Netwerk24 berig die Appélhof het die deurslaggewende uitspraak gemaak omdat die hof bevind het dat studenteverblyf nie as studente se primêre wonings beskou word nie en hulle sal dus nie haweloos wees wanneer hulle uitgesit word nie. Regter Nelisa Mali het tydens die uitspraak gesê die Appélhof se uitspraak is belangrik omdat die regte en pligte van studente aan wie verblyf verskaf word, by herhaling omstredenheid veroorsaak. Die saak is voor die Appélhof gebring nadat 90 studente van die Kaapse Skiereiland vir Tegnologie, of KSUT, geweier het om hulle studenteverblyf in 2020 te verlaat nadat hulle eksamen geskryf het. Die studente het ‘n bevel teen hulle uitsetting in die hooggeregshof in Kaapstad gekry. Die studente beset nie meer die gebou nie, maar beide partye het ingestem dat die aangeleentheid in die Appélhof moet voortgaan.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×