Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente, sê hy beplan om voor 15 Januarie, uitstaaande oorbetalings aan tot soveel as 20-duisend van die skema se begunstigdes te maak.
Hierdie onderneming is luidens ‘n verklaring wat na afloop van gister se buitengewone sitting van die hulpskema se raad uitgereik is.
Die versekering is ook gegee dat hierdie proses nie studente se 2024-akademiese jaar sal beïnvloed nie.
Die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, moes verlede jaar sy planne om die hulpskema reg te ruk, aan die kabinet voorhou.
Die skema sê meer as 230 000 studente se toelaes is in Desember oorbetaal.