Universities SA sê hoewel dit besorg is oor die groeiende studenteskuld, is die afskrywing daarvan nie ’n oplossing nie, want dit kan instellings bankrot maak.

Die instansie se uitvoerende hoof, Phethiwe Matutu, verduidelik aan Sowetan Live dat studenteskuld universiteite se vermoë om bedryfskoste te dek beïnvloed.

Sommige studente skuld honderde duisende rande en kan nie hul kwalifikasies kry nie, wat hulle verhinder om werk te soek.

Skuld beloop glo reeds honderde miljoene rande.

Matutu sê klasgeld is die tweede belangrikste inkomste ná staatsubsidies en universiteite het fondse nodig vir salarisse, infrastruktuur en navorsing.

Die DA bepleit blykbaar ’n doeltreffende skuldinvorderingsmodel deur Suid-Afrikaanse Inkomstediens en ander instansies.

Hulle stel glo voor dat terugbetalings outomaties deur belasting ingevorder word vir verdieners bo ’n vasgestelde bedrag.

error: Inhoud is beskerm !!