’n Nuwe akademiese studie oor mediese wanpraktyke in Suid-Afrika het ontstellende inligting uitgewys. Volgens die studie is daar groot bedrae wat uit die staatskas hiervoor betaal moet word veral vir tekortkominge in die verpleeg professie. Die studie onthul dat verpleeg wanpraktyke oor die afgelope 11 jaar daartoe gelei het dat drie provinsies se gesondheidsdepartemente vir 120 miljard rand gedagvaar is. INTUSSEN het Times Live berig dat ‘n studie van 122 gevalle van wanpraktyke van verpleegpersoneel gelei het tot verskeie siviele eise teen privaathospitale wat stilweg geskik is. Siviele eise teen verpleegpersoneel word ‘n al hoe groter probleem, het prof Ethelwynn Stellenberg van die Universiteit Stellenbosch gesê. Die gehalte van verpleegsorg neem af en die koste vir kliniese foute raak net te hoog, het sy gesê. Uit die 122 eise is een uit elke vyf van die pasiënte oorlede. Stellenberg het gesê wanpraktyke in verpleging beinvloed sewe uit tien pasiënte. Staatshospitale asook privaathospitale word deur swak verpleging geraak, het Stellenberg gesê. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×