Bloemfontein in die Vrystaat, en Benoni in Gauteng het die ergste lugbesoedeling in Afrika.
Newskoop berig die luggehalte van dié twee plekke is skynbaar só swak, dat dit die Wêreldgesondheidsorganisasie se binneperke-riglyne 10 keer oorskry. Hierdie skok-inligting word in 2023 se World Air Quality Report vervat.
Die Switserse maatskappy, IQ-Air, het data vir die verslag by meer as 30 000 luggehalte-moniteringsstasies in 134 Afrika-lande ingesamel. Vereeniging, Brits, Akasia en Alexandra tel onder nog plekke in Suid-Afrika waarvan die luggehalte uiters swak is.