Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, sê 209 swanger of siek matrikulante het verlede jaar se eindeksamen in hospitale geskryf. Netwerk 24 berig die statistieke volg kort nadat dr Nkosazana Dlamini-Zuma van die departement vir vroue en jeugdiges haar kommer uitgespreek het dat Suid-Afrika steeds die hoogste koers van tiener-swangerskappe ter wêreld het.

Bykans een uit elke vier meisies raak voor die ouderdom van 20-jaar swanger. Motshekga het geantwoord op vrae van die DA-LP, Samantha Graham hoeveel meisies hul eindeksamens in hospitale gedurende die afgelope drie jaar afgelê het. Die getal neem jaarliks toe. Volgens Dlamini-Zuma is tienerswangerskappe ‘n verwoestende maatskaplike en ekonomiese probleem. Sy meen diegene wat meisies swanger maak, moet by wetstoepassingsowerhede verkla word. 

 

error: Inhoud is beskerm !!