Suid-Afrika se korrupsiepersepsie-indeks het tot sy laagste in 12 jaar gedaal.Dit is volgens die wêreldwye korrupsiewaghond, Transparency International. Die korrupsiepersepsie-indeks het Suid-Afrika op 41 uit 100 geplaas, wat onder die wêreldgemiddeld is. Die ranglys plaas Suid-Afrika langs Burkina Faso, Viëtnam en Kosovo. Luidens die indeks van 2023 is Suid-Afrika, wat persepsies oor korrupsie betref, een van 23 lande wat hul laagste posisie ooit bereik het en die kategorie van gebrekkige demokrasieë betree het. Die indeks meet persepsies van korrupsie in die openbare sektor in 180 lande. Transparency International het gister sy jaarlikse indeks bekend gemaak. INTUSSEN het die DA leier, John Steenhuisen, oor die korrupsie-indeks gesê dat die administrasie van president Cyril Ramaphosa meer korrup is as die van sy voorganger, oudpres Jacob Zuma.