Suid-Afrika bly, met ‘n paar wysigings, op ‘n aangepaste vlak 4 vir nog twee weke

President Cyril Ramaphosa het Suid-Afrikaners gisteraand toegespreek oor die land se reaksie op die koronavirus-pandemie.

Alhoewel die land vir die volgende twee weke steeds op ‘n aangepaste vlak 4 sal funksioneer, word ‘n paar veranderings
aangekondig.

Restaurante mag heropen, mits streng veiligheidsmaatreëls nagekom word.

‘n Maksimum van 50 persone word toegelaat, en in kleiner eetplekke, slegs 50% van normale kapasiteit.

Gimnasiums mag ook heropen, en veeveilings mag wel plaasvind.

Skole sal gesluit bly tot 26 Julie.

Die inperkingsmaatreëls sal na 14 dae heroorweeg word.

Luister na potgooie hieronder