Suid-Afrika een van die lande wat ‘n groot gevaar loop om ‘n tekort aan suurstof te ervaar

Volgens onlangse data wat deur die Bureau of Investigative journalism ontleed is, is vasgestel dat Suid-Afrika een van die lande is wat ‘n groot gevaar loop om ‘n tekort aan suurstof te ervaar weens die toenemende aantal Covid-19 pasiënte.  Netwerk 24 berig Suid-Afrika benodig nou sowat vyftig-duisend kubieke meter suurstof per dag om ernstige Covid gevalle te behandel.  Pasiënte wat van onder meer die Noord-Kaap na Bloemfontein kom vir behandeling word reeds weggewys omdat plaaslike hospitale reeds vol is.  Suurstofverskaffers sê die aanvraag na suurstof het die afgelope tyd verdriedubbel.  Volgens Afrox, een van die suurstofverskaffers, se woordvoerder werk die maatskappy saam met die Departement van Gesondheid om gebeurlikheidsplanne in plek te stel vir die derde vlaag infeksies.

Luister na potgooie hieronder