Die Wes-Kaap gaan moontlik Suid-Afrika se eerste mini-kernreaktor in 2026 kry deur private finansiering. Die mini-reaktor bestaan ​​uit vier eenhede en elk is in staat om 80 megawatt krag te lewer vir ‘n gesamentlike uitset van 320 megawatt. Die projek sal sowat R9 mijard kos met ‘n gesamentlike opwekkingsvermoë van 1800 megawatt, soortgelyk aan die van die Koeberg-kernkragsentrale. Dit sal die eerste van verskeie soortgelyke reaktors wees wat sal deel wees van ‘n groter konstruksieprojek. Verskeie planne is in plek om die druk op die kragnetwerk te verlig. Soos ander onafhanklike kragverskaffers sal die private konsortium langtermyn kontrakte met verbruikers sluit vir die lewering van ‘n sekere hoeveelheid elektrisiteit teen ‘n sekere tarief.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×