Suid-Afrika gaan vanjaar minder sportlui na die Olimpiese Spele in Tokio in Japan stuur

Suid-Afrika gaan vanjaar minder sportlui na die Olimpiese Spele in Tokio in Japan stuur.
Luidens berigte het die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee aan parlementslede gesê weens die gevolge van die Covid-19-pandemie sal minder sportlui na die Spele gaan.
Volgens die komitee is hy besig om met al die sportfederasies te konsulteer as deel van die voorbereidings om ‘n Suid-Afrikaanse span in Augustus na die Spele te stuur.