Suid-Afrika het die afgelope vier-jaar sowat R406 miljoen in hulpverlening deur die Afrika Renaissance-en Internasionale  Samewerkingsfonds aan Afrikalande uitbetaal. Dit, volgens dr Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, in ‘n skriftelike antwoord op ‘n parlementêre vraag van die DA. Pandor het gesê bykans R75 miljoen is aan Suid-Soedan vir humanitêre hulpverlening uitbetaal, R50 miljoen aan Zimbabwe, R40 miljoen aan Eswatini en sowat R8 miljoen aan die Sentraal-Afrikaanse Republiek, of C-A-R. Sowat R72 miljoen is vir droogteverligting aan Namibië uitbetaal. Die C-A-R het verder meer as R18 miljoen gekry vir die bevordering van demokrasie en goeie regering. Suid-Soedan het ‘n verdere R1 miljoen gekry vir die voorkoming en oplossing van konflik. Meer as R72 miljoen is ook aan die Afrika-Unie se Covid-fonds betaal. Die DA se woordvoerder vir internasionale betrekkinge en samewerking, Emma Powell, het gister gesê as die ANC eerder gewillig was om oneerlike en kleptokratiese regerings verantwoordbaar te hou pleks van ‘n land soos Zimbabwe wat konkel met verkiesings te ondersteun, sou humanitêre hulp nie nodig gewees het nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×