Ruimtebedrywighede by die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimte-agentskap (SANSA) bied ondersteuning aan ‘n Amerikaanse sending om wetenskaplike toerusting op die maan te land.

Volgens Primedia help SANSA met die noodsaaklike opsporing, telemetrie en bevelondersteuning vir die Intuitive Machines (IM-2) Athena-maansending vanaf sy grondstasie in Hartebeeshoek.

Die IM-2 is vroeër die week aan boord ‘n SpaceX Falcon 9-vuurpyl die ruimte in gelanseer en sal na verwagting volgende week op die maan land.

Die waarnemende uitvoerderende direkteur van SANSA se ruimtebedrywighede, Tiaan Strydom, sê hulle beplan om op die suidpunt van die maan te land waar ‘n paar eksperimente gedoen gaan word, soos om vir water te boor.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×