Suid-Afrika herdenk vandag die lewe van Prins Mangosuthu Buthelezi na sy afsterwe verlede naweek. ‘n Kategorie 1-staatsbegrafnis sal vandag in Ulundi in KwaZulu-Natal gehou word met President Cyril Ramaphosa wat die lofrede sal lewer. Ramaphosa het ook magtiging gegee dat die landsvlag vanaf Dinsdag tot die aand van die begrafnis halfstok hang. Intussen het honderde Zoeloekrygers met hulle tradisionale drag vroeg gisteraand langs die stoet gestap toe Buthelezi se oorskot in Ulundi aangekom het.