Suid-Afrika het in die eerste nege maande van 2023 meer as 16 miljard rand se sonpanele ingevoer. Dit is gelykstaande aan meer as vierduisend-500 megawatt in opwekkingskapasiteit. Dit het die vraag na elektrisiteit van Eskom aansienlik verminder. Dit het ook die nutsmaatskappy se inkomste beïnvloed en die Suid-Afrikaanse ekonomie grootliks immuun gemaak teen die gevolge van beurtkrag. News 24 berig die hoeveelheid privaat opwekking van sonkrag kan tans vergelyk met die opwekkings vermoë van die Duvha of Matla kragstasies. Suid-Afrika is tweede na Europa wat betref die persentasie groei met 438% vir die invoer van sonkragpanele die afgelope jaar.