Suid-Afrika het gister nog 132 mense aan Covid-19 afgestaan

Na ‘n week van relatief min Covid-19-verwante sterftes, het Suid-Afrika gister nog 132 mense aan die siekte afgestaan.

49 mense is in KwaZulu-Natal dood, 41 in Mpumalanga, 14 in die Vrystaat en agt in Gauteng.

Noordwes en die Noord-Kaap het albei sewe sterftes aangemeld en die Wes-Kaap, ses.

Dit bring die totale aantal bekende Covid-19-verwante sterftes op 16 866 te staan.

Nog 1 745 nuwe infeksies is aangeteken, wat die kumulatiewe totaal tot 676 084 laat styg.

Luister na potgooie hieronder