Terwyl inwoners van Bloemfontein en omliggende gebiede al vir weke lank met lae waterdruk en watertekorte sukkel, het President Cyril Ramaphosa tydens sy staatsrede erken dat Suid-Afrika ‘n waterkrisis het.

Suid-Afrikaners in stede, dorpe en landelike gebiede gaan soms vir dae lank sonder water. Hy sê daar sal beslissende stappe geneem word om die waterkrisis op te los om te verseker dat alle Suid-Afrikaners toegang tot water kan hê, ongeag waar hulle woon.

Die Infrastruktuurfonds het R23 miljard verseker vir sewe groot waterinfrastruktuurprojekte om wateronderbrekings aan te spreek.

Ramaphosa voeg by dat die regering ’n lisensiestelsel vir waterdiensverskaffers gaan instel en lisensies verwyder waar verskaffers nie aan die standaarde vir kwaliteit drinkwater voldoen nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×