Suid-Afrika het van die duurste data in Suidelike Afrika. Dít volgens Mondli Gungubele, minister van kommunikasie en digitale tegnologie, wat sê Suid-Afrika is volgens Research ICT se lys, 34ste op ʼn lys van 47 lande in hierdie streek.

Maroela Media berig in Suid-Afrika het altesaam 77,5% van alle huishoudings die een of ander vorm van internettoegang.

Die kriteria vir die lys bepaal egter dat net een mens in ʼn huishouding ʼn basiese vorm van toegang tot die internet moet hê.

In werklikheid beteken dit miljoene Suid-Afrikaners is steeds sonder enige vorm van toegang tot die internet.

Dit mag dalk so wees dat data in Suid-Afrika peperduur is, maar dit, tesame met beurtkrag, weerhou Suid-Afrikaners nie daarvan om tyd aanlyn te spandeer nie.

Netwerk24 berig van alle mense ter wêreld, spandeer Suid-Afrikaners die meeste tyd aanlyn, met ‘n gemiddeld van nege uur en 38 minute per dag.

Hierdie bevinding is volgens navorsing deur die data-ontledingsonderneming, Proxyrack.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×