Suid-Afrika identifiseer nog ‘n nuwe variant van die koronavirus

Daar is pas bekend gemaak dat Suid-Afrika deur ‘n nuwe variant van die koronavirus in die gesig gestaar word.

Die C.1.2-variant het verder as enige van sy voorgangers gemuteer.

Kenners het egter benadruk dat mense nie paniekerig moet raak nie.

Alhoewel die variant nog nie as ‘n variant van kommer, of as ‘n variant van belang deur die Wêreldgesondheidsorganisasie geklassifiseer is nie, is dit alreeds in ‘n paar lande teenwoordig, en word dit internasionaal gemonitor.

Dr. Richard Lessells, ‘n voorste kenner in Suid-Afrika van variante, het aan Netwerk 24 gesê, laboratoriumtoetse word tans gedoen, om veral te bepaal wat die uitwerking van die variant op die doeltreffendheid van Covid-19 entstowwe is.

Luister na potgooie hieronder