‘n Wêreldwye studie het gewys dat Suid-Afrika die misdaad kookpunt in Suidelike Afrika is. Die Globale Georganiseerde Misdaad Indeks van 2023 het bevind dat Suid-Afrika ‘n groot teelaarde vir korrupsie en mensehandel is. Suid-Afrika se hoë telling in kriminaliteit plaas die land in die nommer een plek in Suidelike Afrika. Die verslag toon dat polisie, onderwys en die gesondheidsdepartement sektore is waar die meeste korrupsie voorkom. Die Globale Inisiatief teen Trans-nasionale Georganiseerde misdaad in Geneva het die studie gedoen.
