Suid-Afrika is een week weg van die ses maande herdenking van toe president Cyril Ramaphosa die eerste keer ‘n tien-punt plan aangekondig het om die land se energiekrisis aan te spreek. Hierdie situasie het sedertdien vererger met Eskom wat die laaste paar dae fase 6-beurtkrag geïmplementeer het. Dit is gisteraand na fase 4 en 5 afgegradeer. ’n Senior navorser by die Sentrum vir Risiko-analise, Chris Hattingh, het aan eNCA gesê hy glo dat geen van die punte wat in Julie in die president se plan uiteengesit is, gerealiseer het nie.