Die minister van Gesondheid, dokter Joe Phaahla, sê Suid-Afrika is in ʼn baie belowende situasie wat die COVID-19-pandemie betref.

Hy het Woensdag sy begrotingsrede vir die 2022-23 boekjaar aan die Nasionale Raad van Provinsies voorgelê.

Hy sê die aanduidings is dat die ergste verby is.

Hy reken terwyl alle volwassenes ook nou vir verdere opvolgdosisse vir inenting in aanmerking kom, is die land besig om in die epidemiese fase in te beweeg.

Hy waarsku egter dat Suid-Afrikaners steeds waaksaam moet bly.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×