‘n Dwelm-smokkelaar is by die OR Tambo Internasionale Lughawe deur die Suid-Afrikaanse Polisie Diens (SAPD) ingewag.
Hulle het inligting opgevolg dat ‘n man op ‘n vlug dwelms in sy besit het. Die SAPD het Dinsdag die vliegtuig deursoek en ‘n versending kokaïen, ter waarde van R1 miljoen, gevind nadat die hulle hom uitgeken en vir ondervraging geneem het.
Die verdagte sal volgende week in die Kempton Park landdroshof verskyn.
Genl. Fannie Masemola, die nasionale polisiewoordvoerder, het gewaarsku dat Suid-Afrika “g’n speelplek vir dwelm-handelsindikate is nie”. Maroela Media berig verder dat daar die afgelope twee weke groot hoeveelhede dwelms onderskep is.
In die Wes-kaap is daar op R252 miljoen se kokaïen beslag gelee, terwyl daar in Limpopo ‘n dwelm-labortorium met dwelms ter waarde van R2 miljard gesluit is. In beide gevalle is verdagtes reeds in hegtenis geneem.