Die hoof-ekonoom van die Efficient-groep, Dawie Roodt, het gesê Suid-Afrika is in ernstige moeilikheid en toon tekens van ‘n mislukte staat.

Volgens hom wys rekord-werkloosheidsvlakke onder jongmense dat die land in ernstige moeilikheid is.

Roodt het bygevoeg dat hoë armoedevlakke, stygende voedselkoste en swak bestuurde staatsondernemings ‘n resep vir massa-onrus en wanorde is.

Hy waarsku dat al dié faktore Suid-Afrika op die randjie van ‘n ramp kan plaas.

Roodt het onlangs in Rosestad-Soeklig gesê die korttermyn-vooruitsigte vir die land se ekonomie blyk alles behalwe rooskleurig te wees.

Dit is volgens hom nou die tyd vir entrepreneurs om gapings, wat uit die swak bestuur van die land voortspruit, te identifiseer en te vul.

Hy het ook gesê dit is belangrik dat mense mooi besin wanneer hulle hul verkiesings-kruisies trek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×