‘n Internasionale verslag het bevind dat Suid-Afrika ’n sleutelspeler in die vervaardiging en handel in dwelms is. Die verslag deur die Global Initiative against Transnational Organised Crime het bevind dat daar ‘n toename in die produksie van sintetiese dwelms is.
Sintetiese middels soos metamfetamien en mandrax word in laboratoriums vervaardig. Die verslag sê Suid-Afrika is een van die grootste verbruikers van metamfetamien. Die land is ook op die dwelmhandelroete weens sy geografiese ligging.