Verskeie politici het tydens byeenkomste in Gauteng die naweek gesê dat Suid-Afrikaners nou genoeg van misdaad het. Alle Suid-Afrikaners moet nou misdaad die stryd aansê, het president Cyril Ramaphosa gister by die Uniegebou in Pretoria gesê tydens ‘n gedenkdiens vir die 34 polisiebeamptes wat die afgelope boekjaar dood is. Panyaza Lesufi, premier van Gauteng het aan Ramaphosa gevra dat die volle vuurkrag van die staat, hetsy die polisie of weermag in Gauteng losgelaat word om die bedrywighede van onwettige mynwerkers uit te roei. Lesufi het gesê Gauteng is onder beleg deur onwettige mynwerkers en misdadigers en moet verwyder word, berig Netwerk 24. Collen Malatji, die ANC-jeugliga-leier het gesê Ramaphosa moenie bang wees om korruptes in hegtenis te neem nie. Hy het gesê buitelanders neem dorpe en stede oor en dit kan nie toegelaat word nie. Gekaapte geboue in stede moet skoongemaak word, het hy gesê.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×