Met die Feestyd om die draai kan meeste mense nie wag om saam met familie en vriende te kuier nie.
Dit is ongelukkig ook die tyd wanneer mense wat eensaam is, of dalk onlangs ‘n geliefde aan die dood afgestaan het, dikwels uiters afgesonder en neerslagtig kan voel.
‘n Algehele gevoel van moedeloosheid oor mislukkings die afgelope jaar of hopelose vooruitsigte vir die komende een dra ook daartoe by dat depressie gedurende hierdie tyd sy kloue baie diep kan inslaan.
Navorsing toon dat die aantal selfmoorde gedurende Desember veel hoër as gedurende die res van die jaar is.
Suid-Afrika is onder die toptien lande wat wêreldwyd die meeste selfmoorde per jaar aanmeld.
Daar is jaarliks meer as 10 000 selfmoordgevalle in Suid-Afrika.
Indien jy angstig of depressief voel of vermoed dat een van jou geliefdes bystand en ondersteuning benodig kan jy die Suid-Afrikaanse Depressie-en-Angs-groep tolvry by
0800 567 567 bel.