Die minister van Water en Sanitasie, Senzo Mchunu, sê die vraag na water in Suid-Afrika oorskry tans die aanbod.

Hy het tydens ʼn debat oor sy departement se begroting aan LP’s gesê dat hierdie scenario vinnig verander moet word.

Hy het bygevoeg dat sy departement weens die huidige waterkrisis landwyd ʼn beraad in Februarie hierdie jaar gehou het.

Hy sê die doel met die beraad was om watersekerheid vir die hele land te verseker.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×