Die land is oppad na ‘n situasie waar ‘n korrupte regering skoon oudits kry. Dit is die risiko as Eskom en ander staatsondernemings vrygestel word van bepalings ingevolge die Wet op Openbare Finansiële Bestuur oor hoe hulle in hul finansiële state verslag doen oor onreëlmatige besteding. Die uitvoerende hoof van die sakeliga, Piet le Roux, het aan Netwerk 24 gesê as daar probleme is met die wet moet dit hersien word. Staatsinstellings moet nie links en regs verskoon word van die bepalings van die wet nie. Ondanks tesourie se versekering, is dit vir die Sakeliga problematies dat Eskom van ‘n bepaling van die wet vrygestel is sodat die maatskappy nie oor die volgende drie jaar in sy finansiële resultate verslag hof te doen oor onreëlmatige, vrugtelose of verkwistende besteding nie. Die wet is verander sodat Eskom nie ‘n gekwalifiseerde oudit kry nie.