Suid-Afrika se amptelike werkloosheidsyfer het die afgelope kwartaal met 0,3% afgeneem en staan nou op 32,6%.
Met bykans ‘n derde van die land se werkermag wat sonder werk sit, het Suid-Afrika die hoogste werkloosheidskoers ter wêreld.
Volgens World Population Review se jongste peiling is Kosovo tweede op die lys. Botswana, Eswatini (voorheen Swaziland) en Lesotho is
nog Suider-Afrikaanse lande onder die top-tien lande met die hoogste werkloosheidsyfer.