Dit is dag 73 van een van die langste beurtkraglose lopies die afgelope drie jaar. ‘n Ononderbroke beurtkragblaaskans van hierdie omvang, was Suid-Afrikaners laas tussen Desember 2021 en Februarie 2022 beskore.
Eskom sê beurtkrag bly steeds tot verdere kennisgewing opgeskort. Indien daar intussen geen krisisse opduik nie, sal die nustmaatskappy eers Vrydag weer terugvoer gee oor sy vermoë om die diens te lewer waarvoor sy kliënte betaal.