Suid-Afrika kan een van die laaste lande wees om ‘n entstof vir die Coronavirus aan te koop

‘n Gesloer met onderhandelings kan dalk beteken dat Suid-Afrika een van die laaste lande sal wees om ‘n entstof vir die Coronavirus aan te kan koop. Suid-Afika se buurlande, Botswana en Namibië is reeds deel is van ‘n entstofinisiatief. 

Netwerk24 berig dat kenners waarsku, te midde van ‘n wedloop tussen lande oor die wêreld heen om so vroeg as moontlik so veel as moontlik Covid-19-entstowwe in die hande te kry, vertragings met sulke onderhandelings noodlottig kan wees.  Die departement van gesondheid het gesê hy sal binnekort ‘n aankondiging maak rakende die kwessie.

Ten spyte daarvan dat minstens vier van die tien voorloper entstowwe in Suid-Afrika getoets word, beteken dit nie dat die land voorkeur sal kry by die aankoop van hierdie entstowwe nie. Volgens Rapport het die regering nog nie eens onderhandelinge begin met enige van die vervaardigers wat tans hulle entstowwe in die land toets nie.

Luister na potgooie hieronder